Gelukkige Nuwe Jaar
top of page

Gelukkige Nuwe Jaar


Marietjie Joubert skryf in haar nuutste My Lewe oor "Ag, ek  is so lief vir ABBA se musiek. Vanaand, terwyl ek hier in Desember skryf, dink ek oor die jaar wat verby is. Ons almal het soos gewoonlik uitgesien na die nuwe jaar en die beloftes wat dit inhou. Met Nuwejaarsdag het ons almal die mooiste wense vir ons familie en vriende uitgespreek.Ons sou dalk selfs na ABBA se liedjie “Happy new year” geluister het. Die eerste kwartaal het so mooi glad verloop. Party dele van die wêreld het erge rampe beleef. Ons almal onthou die verskriklike verwoestende brande en die vernietiging van diere en plantlewe, wat dit tot gevolg gehad het. Toe tref die Corona-virus ons. Ons het maskers begin dra en ons hande gesaniteer. Ons het vriende en geliefdes aan die dood verloor. Skole was oop en weer toe. Die Amerikaners het verkiesing gehou. ‘n Tweede vlaag van die Corona-virus het ons land getref en dit was Kersfees.   Nou staan ons viervoetig in 2021. Wat moet ons hierdie jaar verwag en waarvoor kan ons wens? Ek dink, net soos verlede jaar, mag ons wens vir net die beste. Ons moet uitsien na die vreugdes van ‘n nuwe jaar. Ons moet mooi dinge verwag en daarvoor bid. Soos elke jaar moet ons vertrou dat die Here ons sal dra en Sy vaderhand oor ons sal hou. Ek het ‘n opgewondenheid in my hart vir hierdie jaar. Dit kan net beter wees. Ons is nou gewoond aan die andersheid, die vreemdheid, die pakkie maskers, wat saam met die Dischem-medisyne gekoop word, die sanitering en soveel nuwe terme en woorde wat ons geleer het. Ek moet sê ek verlang tog na kontak en kommerlose kuiers, maar dit is hoe ons dinge nou vir ‘n tyd lank moet doen.  Die Here leer ons in Sy Woord dat Hy elke dag by ons is deur Sy Gees. Hy bewaar ons ín gevaar en nie ván gevaar nie. Ons lees in Psalm 50:15 dat as ons probleme het, moet ons Hom aanroep. Watter wonderlike wete is dit nie! Die Here sien en weet wat elke dag hier op die aarde gebeur. Hy is met ons in hierdie vreemde tyd. Dra die nuwe jaar met al sy onsekerhede en gevare aan die Here op, vertrou op Sy ewige goedheid en versorging.  Wees saam met my opgewonde oor die vreugdevolle dinge, wat hierdie jaar op ons wag. "Gelukkige Nuwe Jaar!"
Gelukkige Nuwe Jaar

Ag, ek is so lief vir ABBA se musiek. Vanaand, terwyl ek hier in Desember skryf, dink ek oor die jaar wat verby is. Ons almal het soos gewoonlik uitgesien na die nuwe jaar en die beloftes wat dit inhou. Met Nuwejaarsdag het ons almal die mooiste wense vir ons familie en vriende uitgespreek.Ons sou dalk selfs na ABBA se liedjie “Happy new year” geluister het.


Die eerste kwartaal het so mooi glad verloop. Party dele van die wêreld het erge rampe beleef. Ons almal onthou die verskriklike verwoestende brande en die vernietiging van diere en plantlewe, wat dit tot gevolg gehad het. Toe tref die Corona-virus ons. Ons het maskers begin dra en ons hande gesaniteer. Ons het vriende en geliefdes aan die dood verloor. Skole was oop en weer toe. Die Amerikaners het verkiesing gehou. ‘n Tweede vlaag van die Corona-virus het ons land getref en dit was Kersfees.


Nou staan ons viervoetig in 2021. Wat moet ons hierdie jaar verwag en waarvoor kan ons wens? Ek dink, net soos verlede jaar, mag ons wens vir net die beste. Ons moet uitsien na die vreugdes van ‘n nuwe jaar. Ons moet mooi dinge verwag en daarvoor bid. Soos elke jaar moet ons vertrou dat die Here ons sal dra en Sy vaderhand oor ons sal hou.


Ek het ‘n opgewondenheid in my hart vir hierdie jaar. Dit kan net beter wees. Ons is nou gewoond aan die andersheid, die vreemdheid, die pakkie maskers, wat saam met die Dischem-medisyne gekoop word, die sanitering en soveel nuwe terme en woorde wat ons geleer het. Ek moet sê ek verlang tog na kontak en kommerlose kuiers, maar dit is hoe ons dinge nou vir ‘n tyd lank moet doen.


Die Here leer ons in Sy Woord dat Hy elke dag by ons is deur Sy Gees. Hy bewaar ons ín gevaar en nie ván gevaar nie. Ons lees in Psalm 50:15 dat as ons probleme het, moet ons Hom aanroep. Watter wonderlike wete is dit nie! Die Here sien en weet wat elke dag hier op die aarde gebeur. Hy is met ons in hierdie vreemde tyd. Dra die nuwe jaar met al sy onsekerhede en gevare aan die Here op, vertrou op Sy ewige goedheid en versorging.


Wees saam met my opgewonde oor die vreugdevolle dinge, wat hierdie jaar op ons wag. Gelukkige Nuwe Jaar!

bottom of page