Eregaste by vandag
top of page

Eregaste by vandag


In een toneel in Alice in Wonderland daag Alice op by die Mad Hatter se teepartytjie. Sy hoor dan dit is ‘n “very merry unbirthday party.” Almal wat nie verjaar op daardie dag nie, is genooides! Toe die Mad Hatter uitvind dit is ook Alice se “unbirthday”, sê hy dadelik vir haar dat dit darem ‘n baie klein wêreld is, want dit is ook sy “unbirthday”. Toe vier hulle al te lekker fees.


Die lewe is nie aldag ons speelmaat nie. Ons almal beleef dit op ons eie maniere. Die Prediker stem saam. Hy draai nie doekies om dat die lewe ’n gejaag na wind is nie. Hy skryf juis in Prediker 9 dieselfde lot tref almal, goeie mense en slegte mense. Nogtans weet die Prediker God gee vir Sy geliefdes ’n geskenk, wat hierdie harde lewe die moeite werd maak. Hy skryf vyf keer in sy boek dat God vreugde deel. Maar dan moet jy dit op die regte plek gaan soek. Dit gebeur daar waar jy Hom uitnooi as die Eregas en die Gasheer by jou tafel. Dit gebeur, wanneer jy kies om elke stukkie brood met blydskap te eet. Elke kuier in die Here se nabyheid is ’n geleentheid om te leef en te lag. Daarom moet ons presies dít doen. Ons moet die Here feestelik verwelkom by elke etenstafel en by elke kuier saam met vriende en familie. In Sy nabyheid vier ons nuwe lewe. Rondom Hom bruis vreugde.


Onthou ook: ’n feesdag hoef nie eers op ‘n amptelike kalender of dagboek te verskyn, voordat ons mag feesvier nie. Ons hoef nie eers te verjaar voordat ons hoor: “Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar” nie. Elke dag uit die Here se hand is ’n geseënde dag. Dit geld ook vir vandag. Nooi asseblief iemand uit na vandag toe. Vier fees saam met ’n geliefde oor ’n koppie koffie of tee. Verdryf wanhoop teen die spoed van een klein fees per dag. O ja, nooi die Here ook elke dag uit. Laat Hý die Eregas by elke vandag in jou lewe wees.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page