Ek mag my lot bekla by God
top of page

Ek mag my lot bekla by God


Die skrywer van Psalm 88 verkeer in groot nood. Hy beskryf sy swaarkry as ’n diep, donker put. Op ’n soortgelyke manier verwoord Psalm 69 se skrywer sy eie nood as stormwaters waarin hyself vasgevang is. Dit het reeds tot by sy keel gestyg. Hy is boonop ook nog vasgekeer in die modder. Hy kan nie meer regop staan nie. Tussendeur skree hy aanhoudend om hulp. Hy is al moeg gepleit en stokflou gebid, want sy nood hou net nie op nie.

Ons elkeen beleef soms ook op ons eie maniere iets van die magteloosheid en pyn van hierdie psalmskrywers. Orals rondom ons en binne-in ons lê spore van seerkry en swaar rond. Baie van ons pleit, bid, roep en skree tans hard uit tot God. Ons is benoud. Ons klop aanhoudend aan die Here se deur. Dit voel vir party van ons of daardie deur boonop nog op slot en grendel is. Dit voel vir ons die Here maak net nie oop nie. Nogtans moet ons aanhou klop. Dit is al wat ons kan doen. Dit is presies wat ons móét doen! Ons moet juis nou aanhou roep tot God. Hy hoor ons! Hy laat Homself altyd vind.

bottom of page