Hoe hoër die goor emosies, hoe laer die IK
top of page

Hoe hoër die goor emosies, hoe laer die IK


Ons dink nie helder en logies as ons baie kwaad is nie. Dan sê ons gewoonlik dinge waaroor ons na die tydspyt is. Ons dink ook nie helder of logies as ons bang is nie. Dan wil ons eintlik net daardie Trippel-V ding doen: vries, veg of vlug. Ons is fisiologies bedraad dat sulke negatiewe veg-, vries- of vlugemosies ons denke afsny. Wyse gedagtes en goor emosies kan nie gelyktydig binne ons gebeur nie. Anders gesê: hoe hoër die negatiewe emosies in onsself, hoe laer die IK. Of is dit dalk eerder EK, ons emosionele intelligensie? Daarom sê die Here oor en oor vir ons in Sy Woord om nie in vrees te leef nie. Dit is selfvernietigend. Dit stroop ons van vryheid en vreugde in Hom.


God roep ons op tot ’n lewe van geloof, kalmte en wysheid. Dit vra onder andere van ons om vrees en woede in ons lewe effektief te hanteer. Ons kyk dit reguit in die oë. Ons spreek dit aan. Ons roei dit met wortel en takuit. Ons gee nooit gratis huisvesting aan sulke slegte emosies nie. Die reg van vrye toegang tot ons lewe is slegs die Here S’n.

bottom of page