Ek kort die regte oordeel, God s’n
top of page

Ek kort die regte oordeel, God s’n


Stephan Joubert help in sy nuutste Goeie Nuus oor wat Jesus presies bedoel het in Matteus 7 wat sê ons moenie oordeel nie.
Ek kort die regte oordeel, God s’n

“Wie is ek om te oordeel?” Dit is ’n gewilde sê-ding op sosiale media en elders. Mense sê dit graag vir mekaar. Beteken hierdie “geen oordeelbeleid” dat jy dus ’n vry hand gee aan almal om te doen wat hulle wil? Geld hierdie “geen oordeelbeleid” byvoorbeeld wanneer ander mense hulle kinders of huwelikmaats verneder en afkraak? Of fisies mishandel? Of as iemand heeltyd vulgêr of rassisties is? Moet jy sulke ding oop-oë miskyk, omdat jy nie wil oordeel nie? Of omdat jyself ook maar foute het en nie wil klippe gooi nie, soos wat baie mense graag sê?


Wat het Jesus presies bedoel toe Hy in Matteus 7:1 gesê het ons mag nie oordeel nie? Wel, Hy verduidelik net hierna in Matteus 7:2-5 wat Hy bedoel, as Hy sê dat jy nie die splinters in ander se oë moet raaksien, terwyl daar ‘n houtbalk in jou eie oog vassit nie. Met ander woorde, moenie ander mense uit die hoogte veroordeel, terwyl jyself geen poging aanwend om God se wil te gehoorsaam nie. Andersom gesê, hou jou hart suiwer sodat jy verkeerde dinge op die regte maniere kan raaksien. Dan kan jy, wanneer dit nodig is, sulke verkeerdhede aanspreek. Nee, dan móét jy! In Matteus 7:6 sê Jesus ook ons moenie ons pêrels voor die varke gooi nie. Hierdie woorde veronderstel juis ‘n gesonde oordeel aan ons kant, een wat deur God se Gees in ons harte gewerk word. Wanneer ons spreekwoordelik tussen die varke beland het, moet ons weet om stil te bly, of om pad te gee. Ons het ‘n verantwoordelikheid om mekaar in opregtheid te help en om mekaar ook reg te help. Ons kan nooit ons verantwoordelikheid systap om mense tereg te wys of reg te help nie. Ons kry ons eie lewe in orde sodat God deur ons orde in ander mense se le-wens kan bring.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page