"Goed dankie" is nie altyd genoeg nie
top of page

"Goed dankie" is nie altyd genoeg nie


Stephan skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief dat "Goed dankie" nie altyd genoeg is nie.
"Goed dankie" is nie altyd genoeg nie

Goed, dankie.” Hierdie twee woorde volg altyd op daardie standaardvraag: “Hoe gaan dit?” Maar wag net dertig sekondes of so, dan hoor jy die volle waarheid. Dan volg die normale sarsie klagtes en skete van diegene met wie dit so “goed, dankie” gaan. Dalk is dit die rede hoekom party mense dikwels ’n tweede keer vir jou vra: “Sê my, hoe gaan dit regtig met jou?” Wat antwoord ‘n mens dan? Jy wil tog nie heeltyd met jou hart op jou mou rondloop nie. Jy wil nie elke slag jou diepste geheime deel met ’n ieder en ’n elk, wat wil weet hoe dit met jou gaan nie. Daarom maak dit saak wie vir jou vra hoe dit gaan.


Mense naby aan jou, wat belangstellend vra, behoort te weet as jyself deur swaar tye gaan. Hartsmense is juis diegene, wat die Here se helpers in jou lewe is. God verwag ook van hulle om jou laste te help dra. Vertrou jou vriende dus met jou swaarkry. Hulle is God se lewende geskenke aan jou. Wees self ook so iemand, wat nie net hoflik vra nie, maar wat help sodat dit goed met daardie mense rondom jou kan gaan. Wees self ’n lasdraer in die Here se Naam.

bottom of page