Ek het toe nie vir Jesus verloor nie!
top of page

Ek het toe nie vir Jesus verloor nie!


“Op ‘n dag het ek vir Jesus verloor!” Maria kon dit regtig sê. Sy en Josef het letterlik vir Jesus verloor, soos wat Lukas 2 vir ons vertel. Dit het gebeur toe die twaalfjarige Jesus en sy ouers na Jerusalem toe gegaan het om ’n godsdienstige fees daar by te woon. Toe hulle saam met ander mense terugkeer huis toe, het Jesus in die tempel agtergebly. Na ’n dagreis het Maria agtergekom Jesus is nie in die groot reisgeselskap by hulle nie. Benoud is sy en Josef terug na Jerusalem toe.


Vir drie dae het Josef en Maria orals in die stad gesoek na Jesus, behalwe in die tempel. Ek meen, watter ouer gaan ooit na ‘n kind, wat weggeraak het, in God se plek soek? Maar Jesus was juis daar op die regte plek by die regte Persoon. Wat ’n goeie plek om “weg te raak”! Nee, Jesus was toe nie lost nie. Hy was found, omdat Hy veilig aan Sy Vader se voete was. O ja, Jesus hou steeds vir ons almal daar by Hom plek. Sy plek is ’n lost and found plek, ’n “verlore en gevind” plek. Kom rus asseblief ook ’n bietjie daar by die Here.

bottom of page