Moenie nog ‘n “niemand” wees nie
top of page

Moenie nog ‘n “niemand” wees nie


“Niemand gee meer vir mekaar om nie.” “Niemand dien meer die Here nie.” Jy kry gedurig met sulke uitdrukkings by die werk, by die kerk, of tussen jou vriende en familie te doen. Almal stem gewoonlik saam, wanneer dit kwytgeraak word. Niemand protesteer dan en sê dis nie heeltemal waar nie. Niemand vertel dan van al die uitsonderings op sulke growwe veralgemenings nie.


Moenie nog ‘n “niemand” wees nie! Verskuif vanaf “niemand” na “iemand”, wat ‘n lewende uitsondering op daardie flou storie is dat alles en almal gedurig uitmekaar val. Hoe? Vir ‘n begin moet jy gedurig op die uitkyk vir daardie indiwidue wees wat van die wêreld ‘n beter plek in die Here se Naam maak. Jy moet hulle stories oorvertel, wanneer almal dieselfde ou goor stories onder mekaar hersirkuleer. In dieselfde asem moet jyself ‘n vars verhaal van hoop en nuwe lewe uitleef, dié een, wat Jesus vir jou in die evangelies voorgeleef het.


Jy skryf die regte verhaal met jou lewe, elke keer wanneer jy vir ander mense bid. Jy doen dit elke slag, wanneer jy hulle laste op jou eie skouers tel. Jy doen dit wanneer jy opnuut kies om die Here en jou naaste soos jouself lief te hê.

bottom of page