Ek het gehoor, maar…
top of page

Ek het gehoor, maar…


  • Ek het gehoor: “Ons moet vir die Here werk.” Maar toe ontdek ek Hy het dit by die kruis namens my gedoen. Nou kan ek net vir die Here leef.

  • Ek het gehoor: “Jy moet iets agter jou naam hê.” Maar toe ontdek ek God het aan my ’n nuwe naam gegee. Hy noem my Sy kind (1 Johannes 3:1). Hy gee ewige waarde aan my lewe.

  • Ek het gehoor: “Jy moet mense bekeer.” Maar toe ontdek ek dis die Here se werk. Ek is slegs Sy getuie. Ek reël ontmoetings tussen Hom en mense. Daarna staan ek uit sy Gees se

  • Ek het gehoor: “Dit is nou elkeen vir hom- / haarself.” Maar nou is ek dankbaar om deel te wees van Sy kerk waar mense mekaar se laste dra en vir mekaar omgee.

  • Ek het gehoor: “Ons moet groot dinge vir die Here doen.” Maar nou snap ek kleiner is die regte grootte vir die Here. By Hom is eerste laaste en voor is agter.

  • Ek het gehoor: “Eendag gaan die wêreld anders wees.” Maar toe ontdek ek dat ek slegs vandag het om vir die Heer te leef. Gister is verby. Môre is nog ’n nagreis ver. Vandag is die dag van die Here. Daarom leef ek vandag vir Hom.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page