Dood en lewend tegelyk
top of page

Dood en lewend tegelyk


Lees  Romeine 8:10a


Christus is in ons. Daarom is die Heilige Gees ook nou by ons - so skryf Paulus in Romeine 8. As die Gees by ons is, is daar altyd groot dinge aan’t gebeur. Dan is dood en lewe tegelykertyd in ons aan die werk. Dan gaan die dood nog meer dood en dan lewe nuwe lewe selfs nog meer. Meer korrek: dan sterf ons ou, sondige self elke dag. Dan is dit nie meer outomaties aan die stuur van ons lewe nie. Christus neem die stuur oor.


Die Gees sorg dat ons ou self dood bly, maar Hy sorg ook dat nuwe lewe in ons, op grond van God se vryspraak, begin groei. Dis die persoonlike versekering direk van Hom af in vers 10. Omdat God die saak tussen ons en Hom van Sy kant af reggemaak het, sorg Hy nou dat daar hemelse lewe in ons gewone lewe is, daardie soort oorvloedige lewe, wat nooit weer ophou nie! Hierdie nuwe lewe loop hand aan hand met die wete dat God ons vry gepraat het. Hy het ons sondes vir altyd afgeskryf. Ons is nie uitgelewer aan onsself nie. Ons is nou ras-egte nuwe-lewe-mense. Ons het die ewigheid vandag al in ons hart. Daarom kan ons juig en dans. Waarom doen jy dit nie vandag sommer die hele dag lank nie?  


Gebed:

Dankie vir vryspraak uit U mond, o God. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page