Dit maak nie saak wat ander mense van my dink nie, of doen dit?
top of page

Dit maak nie saak wat ander mense van my dink nie, of doen dit?


Ek het al baie mense hoor sê hulle gee nie om wat ander van hulle dink nie. Dit is nie heeltemal waar nie, want die meeste doen. Studie op studie toon aan dat die meeste mense ’n diepgewortelde behoefte aan aanvaarding deur ander het, soveel so dat dit selfs onbewustelik gebeur. Iewers vertel Timothy Wilson, ’n Amerikaanse akademikus, wat navorsing oor groepsdruk gedoen het, hoe hy en sy vrou besluit het om hulle kind Christopher te noem, omdat hulle graag wou. Toe vind hulle na die tyd uit dit was daardie jaar die mees gewilde naam vir nuwe babaseuntjies. Onbewustelik het groepsdruk hulle ingehaal, sê hy.


Nee, dit is nie verkeerd om na ander mense se menings luister nie. Die beter vraag is: wie se opinies maak in ons lewe saak? Wie is ons rolmodelle? Wie is ons meningsvormers? Wie se stemme dra gewig? Om onsself aan elke denkbare opinie te steur, sou deur die Spreukeboek as dwaasheid beskryf word. Dit is eerder daardie wyse familielid, vriend, kollega of geestelike leier, wat die Here oor ons pad gebring het, wie se menings ons padkaart moet wees. Hulle is God se lewende geskenke aan ons. Ons moet na hulle luister én altyd na God Self!

bottom of page