Digitale Learning Community
top of page
  • Writer's pictureekerk

Digitale Learning Community


Ekerk nooi jou uit vir na ‘n inspirerende oggend waar ons saam gaan dink en na kenners luister oor hoe die Korona-virus kerkwees en geloof in Suid Afrika beïnvloed. Ons gaan die hele oggend deur middel van aanlyn sessies na ‘n handjievol kenners luister oor hierdie belangrike tema praat. Die oggend gaan fokus op hoe ons konkreet en prakties vorentoe kan stap as Kerk en nogsteeds gehoorsaam bly aan God se roeping op ons lewens as geestelike leiers. Tema: Nie “pause” nie, maar “reset”: Geloof en Kerk vas geleef in COVID-19-tyd Plek: Aanlyn deur middel van video (jy het net ‘n internetkonneksie nodig waar jy saam gaan kyk op video na die regstreekse uitsending van die dag) Tyd: 10:00 – 12:30 Datums: 14 Mei 2020 Koste: Gratis Sprekers vir die oggend:

  • Stephan Joubert (Teoloog, skrywer, ekerk) – “… digitaliteit is realiteit, ook in die kerk!"

  • Roedolf Botha (Teoloog, leraar, ekerk, NG Oosterlig) –
 “... oor goeie geloofgewoontes”

  • Johan Smith (Skrywer, VitaAmp) –
 “... so lyk leierskap nou”

  • Hein Kruger (Kruger International Private Wealth) - 
” so gemaak met geld en finansies...”

  • Johan Geyser (Teoloog, Mosaïek) – “… oor kreatiewe Kerkwees in Corona-tyd)

  • Johrné van Huyssteen
 (Aanbeider GROOTfm 90.5: Die-groot-ontbyt) – “…oor vars geloof-leef in Corona-tyd”

Daar sal 5 VBO-punte toegeken word vir die bywoning van hierdie leergeleentheid.


(Neem asb kennis, geen registrasie, geen deelname die dag) * Reg van toegang voorbehou deur ekerk direksie.

bottom of page