Ekerk Lewendig Bybelreis 2021
top of page
  • Writer's pictureekerk

Ekerk Lewendig Bybelreis 2021


Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons vars gaan afskop in 2021 met ons Vrydae Bybelreis. Weens al die onduidelikhede rondom die inperking asook die beperkings wat gepaard gaan met fisiese byeenkomste, het ons by ekerk dit goed gedink om ons Vrydae Bybelreis te skuif na ons digitale platforms toe. Dit is in-lyn met ons Sondae regstreekse Ekerk Lewendig Preek, asook ad-hoc Ekerk Lewendig Bybelskool op Woensdae aande.

Dit behels dat julle in 2021, gedurende skool kwartale op Vrydae oggende rondom 9:00 gratis deel kan wees van ons Ekerk Digitale Bybelreis. Ons skop af Vrydag 29 Januarie 2021 om 9:00 met ons eerste Ekerk Lewendig Bybelreis.

Ons hou vol met ons Bybelreis wat behels dat ons vers-vir-vers deur Bybelboeke gaan tydens hierdie geleentheid. Ons skop af met die Kolossensebrief om 29 Januarie 2021.

bottom of page