Die slaggat van vergelyking
top of page

Die slaggat van vergelyking


Comparison is the thief of joy” - Theodore Roosevelt

Die media en veral sosiale media plaas baie klem op voorkoms en prestasie, wat dit baie maklik maak om minderwaardig te voel. Maar dis eintlik ‘n eeuoue probleem, waarvan daar voorbeelde in die Bybel is: Kaïn het homself met Abel vergelyk, Lea en Ragel het hulself met mekaar vergelyk en so ook Jakob en Esau. Ons gaan altyd mense kry wat mooier, ryker, slimmer, gelukkiger as ons is, dié wat bo ons op die leer is en na wie ons opkyk. Na wie kyk ons nou om te bepaal of ons oukei is?


Om onsself met ander te vergelyk is negatief en steel ons vreugde. Dit hoef nie eens groot materiële goed te wees wat my laat struikel nie. Dit kan iets kleins wees, soos iets waarmee ek al jare sukkel en dan sien hoe ‘n vriend / vriendin / kollega dit met gemak regkry, of hoedat hulle kinders maklik presteer, terwyl my kind vir elke prestasie hard moet werk. Dan voel ek hulle het dit makliker en raak ek onvergenoeg met my eie situasie.


Terwyl ek dalk voel dat ek nie met soveel skynbare gesag en selfvertroue voor mense kan praat soos my kollega of vriendin nie, voel dié ontoereikend, omdat hy / sy nie so gemaklik met empatie kan luister of met deernis ‘n helpende hand uitsteek waar iemand swaarkry nie.


Die werklikheid is dat alles wat ons het, ons van God ontvang het – of dit talente, intelligensie, skoonheid of rykdom is. Wanneer ek ongelukkig is met wat ek het en ander beny, is ek eintlik diep in my onderbewuste ontevrede met dit wat God aan my toevertrou het. Dan voel ek God het my ingedoen en ander meer bederf.

Our dissatisfaction with what we have, says more about how we feel about God than how we feel about the people to whom we compare ourselves.” (Andy Stanley in The comparison trap)

Eers as ek dít besef kan ek dit bely en kan ek begin kyk na dít wat ek van die Here ontvang het. Omdat ek in Christus alles het wat ek nodig het, kan ek op ‘n gesonde manier na ander se lewens en prestasies kyk. Dan kan ek woeker met dit wat die Here aan my toevertrou het, ongeag wat dit is of hoe dit met ander vergelyk.


Dit help om ‘n lys te maak van alles wat ek wel het. Wanneer ek besef hoe baie ek self ontvang het (dikwels meer as baie ander), kan ek uit dankbaarheid saam bly wees met dié wat groter sukses behaal.


God het ‘n spesifieke doel met my lewe, met dit wat Hy aan my toevertrou het

“and if that isn’t done, it remains undone.” – Rick Warren.
bottom of page