Die goeie lewe
top of page

Die goeie lewe


Lees Titus 3:3


Hoe klink jou eie definisie van die goeie lewe; daardie soort lewe wat jou tuis laat voel? Wel, ‘n oorsese studie het onlangs bevind dat die gemiddelde persoon van veertig jaar die goeie lewe primêr identifiseer met groot huise, die regte motors; ‘n vakansiehuis en vakansies by eksotiese plekke. Vir die onder-veertigs hou die goeie lewe weer verband met die regte voorkoms, styl, voertuie, elektroniese speelgoed, en besoeke aan die regte uithangplekke.


Die goeie lewe vir Jesus begin egter met jou tuiskoms aan sy Vader se voete. Dis om te hoor hoedat die hemelse skares juig omdat jy aan God se voete skuiling gevind het. En om daarna ‘n hart propvol liefde vir Hom en ander mense te hê. ‘n Lewe vol betekenis in die oë van God en ander is al lewe wat langdurige vervulling en vrede bied. Dit bevestig dat jou lewe nie ‘n nuttelose, selfsugtige affêre is nie, maar een waarvan hemel en aarde kennis met ‘n glimlag neem. Nou ja, wanneer laas het jy ander mense met blydskap laat glimlag oor ‘n daad van liefde wat hulle lewens verander het? Wanneer laas het die hemel vreugdevol oor jou liefde vir Christus en jou gehoorsaamheid aan sy Gees saamgesels? Dan is dit hoogtyd om die rekords te herskryf, nie waar nie. Wat van vandag? Dis die beste tyd denkbaar.


Gebed

Vandag meld ek aan om u genade te laat werk in u wêreld. Amen

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page