Die afstand het drasties gekrimp
top of page

Die afstand het drasties gekrimp


Afstand speel ’n groot rol in ons elkeen se lewe. Sommige plekke waarheen ons op pad is, is naby en ander bestemmings is ver. Van afstand gepraat: dikwels meet ons ook al die verhoudings, waarbinne ons staan, in terme van afstand. Ons sê graag party vriende en familie is naby, maar ander is verlangs. Of selfs ver. Ons verstaan graag ook ons verhouding met God in terme van afstand. Soms voel ons Hy is baie ver van ons af en ander kere weer voel ons Hy is naby aan ons. Maar hier’s ‘n nuusflits: ons gevoelens kan baie misleidend wees, wanneer ons dit blindelings gebruik om God se afstand van ons af te meet. Nog meer korrek gesê: ons gevoelens oor God se afstand van ons af, is glad nie ‘n betroubare aanduiding van Sy nabyheid of ver wees nie.


Wanneer die afstand tussen God en ons ter sprake is, benodig ons ‘n veel beter aanduider as ons eie emosies. Ons benodig dan die regte Bybelse feite. Kom ons val sommer met die Bybelse deur in die huis: die afstand tussen die Here en ons as Sy kinders het oneindig gekrimp. Jesus self het die pad tussen ons en Hom verkort. Sy kruis is die groot afstandkrimper tussen hemel en aarde. Golgota het die pad van die Here na ons toe en terug vir altyd oopgestel. Nou is God regtig naby. Nou is Hy hier by ons. Nou is ons eie gevoelens en opinies geen barometer of afstandsmeter meer tussen ons en die Here nie. Nou vat ons Christus op Sy woord in Matteus 28, wanneer Hy vir ons sê Hy is by ons al die dae tot aan die einde van die tyd. Nou glo en weet ons Hy is Immanuel. Nou weet ons Jesus is die Goeie Herder, wat ons styf in Sy eie hand vashou, soos wat Hyself in Johannes 10 sê.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page