Dans reg
top of page

Dans reg


Lees 2 Korintiërs 4:17


Ek lees iewers die verhaaltjie van ‘n jong seun, wat op ‘n keer saam met ander ‘n tradisionele reëndans uitgevoer het, maar sonder sukses. Toe hy by sy pa gaan kla dat reëndanse geen effek het nie, was dié se antwoord eenvoudig: “Julle is meer begaan oor die verskillende danspassies, wat julle uitvoer, as oor die eintlike rede vir julle gedansery!” Ware woorde. Ons moet ook ligloop dat ons diens aan die Here nie vir ons ‘n doel opsigself word nie. Ons kan so behep raak met die detail rondom wat mense mag en nie mag doen nie, of waaraan eredienste moet voldoen, dat ons vergeet wat die eintlike doel van Christenskap is. Ons is hier om God te verheerlik, om mekaar se geloof op te bou en om die evangelie as Geesvervuldes uit te leef. Daarom moet ons keer dat die verskillende passies van ons kerklike danse belangriker as die doel daarvan raak. Dan is ons in groot moeilikheid.


Paulus se raad is dat ons, ons einddoel altyd voor oë moet hou. Ons meet weet na Wie toe ons op pad is. Dan is ons danspassies nie meer so belangrik nie. Nee, dan is die Here, wat by ons is en na wie toe ons reis, die Een wat saak maak. Dan verskuif ons fokus. Dan is die Here alleen ons motivering om elke dag op te staan en voluit, enduit te leef.


Gebed:

Hou my oog op U alleen, liewe Here. Amen.

bottom of page