God is nie net ’n Beloftemaker nie
top of page

God is nie net ’n Beloftemaker nie


God is nie net ’n Beloftemaker nie. Hy het het reeds Sy belangrikste beloftes van redding en genade in Christus waar gemaak
God is nie net ’n Beloftemaker nie

Mense sê graag hulle staan op die Here se beloftes. Dit is reg, mits hulle ewe veel staan op die res van die Bybel. So nie, as hulle slegs aan God se beloftes vashou en niks verder weet van alles, wat Hy in die Bybel doen of sê nie, verskraal hulle Hom tot ’n hemelse Beloftemaker.


Ons almal moet die volgende Bybelse feit in ons geloofslewe baie ernstig opneem:


God is nie net ’n Beloftemaker nie. Hy het het reeds Sy belangrikste beloftes van redding en genade in Christus waar gemaak.

Van beloftes gepraat: Hoe sal jyself voel as jou familie slegs praat oor al die beloftes, wat jy aan hulle gemaak het, sonder om ooit bewus te wees van jou daaglikse verhouding met hulle? Sal jy dan nie wil uitroep jy is meer as net ’n beloftemaker nie? Dit geld ook vir God. Hy wil nie net bekend staan vir ’n paar beloftes,waaraan ons moet vashou nie. Hy wil juis bekendstaan vir Sy voltydse nabyheid aan ons. God is ons Hemelse Vader. Hier en nou is Hy ons Here. Nog meer, Hy is ook die Here, wat reeds Sy grootste beloftes aan ons waar gemaak het (Hebreërs 1:1 - 4). In Christus het God reeds beslissend ingegryp. Jesus het God se grootste beloftes van redding en genade dwarsdeur die Bybel waar gemaak. Daarom is ons nou reeds met alle geestelike seëninge in die hemel in Christus (Efesiërs 1:3 - 14) geseën. Ook het ons nou reeds deel aan die Heilige Gees, wat oor ons uitgestort is. (1 Korintiërs 12:13) Ons het nou reeds die ewige lewe. Daarom weet ons dat niks ons uit die hand van God kan ruk nie. (Johannes 10:28 - 30)

bottom of page