Besluitneming van ‘n leier
top of page

Besluitneming van ‘n leier


In sy nuutste Leier nuusbrief, skryf Roedolf Botha oor besluitneming van 'n leier.
Besluitneming van ‘n leier

Ek het al baie gewonder hoe besluitneming werklik veronderstel is om te werk. Ek meen, hoe weet ons watter besluite ons as leiers moet oorweeg? Hoe neem ‘n mens sinvolle besluite? Daar is een beginsel wat my al vir jare help om hierdie vraag te beantwoord. Dit kom uit ‘n toespraak aangaande leierskap, wat John Maxwell eenmaal gelewer het. Die titel van die praatjie was Making the tough call. Tydens die toespraak was daar een frase, wat ek nooit sal vergeet nie en wat ek gememoriseer het. Dit lui so:


Ninety-five percent of all the leadership decisions you’ll ever make could as well be made by a reasonably intelligent high school sophomore.
But they’ll pay you for the other five percent.

Die meeste besluite, wat jy as leier sal neem, is nie rocket science nie. Dis gewone alledaagse besluite, soos personeelaangeleenthede, begrotings en instandhouding. Die meeste van ons in posisies van leierskap moet op ‘n daaglikse basis hieraan aandag gee. Dit maak egter nie van ons leierskap iets besonders nie. Daar is baie mense wat daardie soort funksies kan verrig. Die persentasie besluite wat jou as ‘n buitengewone leier onderskei, is daardie vyf persent van besluite wat niemand anders wil neem nie. Die rede is omdat die risiko dalk te groot is. Of die ongemak is te veel. Of die temperatuur van die konflik is te warm. Of die proses is te veeleisend. Of die innerlike spanning, wat dit in die leier self meebring, is te hoog.


Dis daardie klein persentasie moeilike, waagmoedige besluite wat dit vir die maatskappy of gemeente die moeite werd maak om jou te betaal. Dis daardie paar moeilike besluite, die tough calls, wat vir die meeste vrug en lewensverandering in jou en jou span sal sorg.


Daar is nog een ding, wat ek uit daardie aanbieding van Maxwell onthou. Dit is dat elke moeilike besluit, wat suksesvol geneem is, jou ‘n nuwe vlak van funksionering laat bereik. Jy sal nuwe waagmoed hê. Jou guns by mense sal verhoog, omdat hulle sien dat jy nie wegskram van moeilikheid nie. Jy sal nie net (soos Moses) mense se guns bekom nie, maar jy sal nuwe leiers trek. Leiers word aangetrek deur waagmoedige besluite. Wanneer jy slegs besluite neem, wat maar net die status quo onderhou, behou jy die kla-kouse en jy verloor later vaardige leiers, wat nuwe dinge wil aanpak en wil vorentoe beweeg.


Dit was in Jesus se lewe ook so. Al Sy wonders, toesprake en leringe sou ‘n uiters beperkte impak gehad het sonder sy doelbewuste afstuur op die kruis van Golgota. Golgota het alles die moeite werd gemaak. Dit was Jesus se “vyf persent”. Trouens, om na Jesus se lewe en lering te kyk deur enige ander lens as dit, wat oor Paasnaweek gebeur het, sou na aan nutteloos wees. Aan die kruis het Jesus ons lewens gered, aan alles nuwe perspektief gegee en die model voorsien, waarvolgens ons na die res van Jesus se lewe moet kyk. Maar dit was sekerlik ook die moeilikste besluit om uit te voer. Trouens, Jesus het verkies om nie hierdie beker te drink nie. Omdat Hy egter die tough call gemaak het, kan ons lewe.


They will pay you for the other five percent.

Het jy al jou geld begin verdien?

bottom of page