Bekering ver-ander jou vir ander!
top of page

Bekering ver-ander jou vir ander!


Korrupsie is sinoniem met menswees … en met Suid Afrika. Dit voel altans so wanneer jy deesdae die koerant lees. Politici en besigheidsmense kul en steel dat dit klap. Dikwels as hulle uitgevang word, volg daar boonop ’n blitsbekering. Dan hoor jy die Here het hulle vergeef, maar almal wat deur hulle ingedoen is, is dan vergete.


Ek twyfel nie daaraan dat die Here sondaars genadig is nie. Of dat Hy enigiemand kan red nie. Jesus het dit vir ons prakties gedemonstreer tot daar aan die kruis, waar hy ‘n bose misdadiger langs Hom gered het. Maar vergifnis verlos oortreders nooit van hulle aanspreeklikheid teenoor diegene, wat hulle vroeër benadeel of ingedoen het nie. Vra vir Saggeus in Lukas 19. Wanneer hierdie korrupte tollenaar dramaties tot inkeer kom, onderneem hy daar en dan om viervoudig te gaan vergoed waar hy mense geldelik ingedoen het. Voortaan gaan hy ook 50% van sy geld weggee aan armes. ‘n Mens noem dit regstelling. Jy noem dit ’n goeie bekering. Dan ver-ander jy. Dan verander jy ook vir ander. Wanneer jy met ander mense gaan regmaak, is jou bekering reg en eg. Dan maak jou bekering die regte impak in die hemel én ook op aarde.

bottom of page