Alles is spesiaal
top of page

Alles is spesiaal



Die Heilige Gees gee aan elkeen van ons een of meer genadegawes. Hierdie genadegawes sluit die sogenaamde “buitengewone” dinge in, soos die doen van wonders, asook “gewone” dinge, soos dienslewering, omgee en onderrig. Maar eintlik is dit maar net ons as mense wat sulke onderskeidings maak. Die volle waarheid is dat alles, wat God gee, spesiaal en kosbaar is. Elke ontvanger behoort sy of haar gawes as buitengewoon te beskou. Dit kom immers van God af. Volgens die Bybel is daar ook nie net een onveranderlike groep gawes nie. Nee, die Heilige Gees deel dié gawes aan Sy kerk uit, wat ons binne ons eie situasies nodig het om God te verheerlik en ander te dien.


In die Nuwe Testament val die klem meestal op die “gewone” gawes. Dinge soos diens, bemoediging en onderrig ontvang deurgaans groot klem, nie buitengewone dinge soos spreek in buitengewone tale of wonderwerke nie. Natuurlik is Paulus nie teen laasgenoemde gawes gekant nie. Maar hy besef dat hierdie tipe gawes maklik tot hoogmoed kan lei. Mense kan gou vergeet dat die Gees sulke gawes aan hulle gee om God en ander te dien.


Om my gawes te ontdek, moet ek op hoogte wees van my natuurlike aanlegte, asook watter tipe persoonlikheid ek ontvang het. Dit alles speel ‘n rol in die maniere waarop ek my aanlegte of talente omskep binne die raamwerk van die persoonlikheid, wat die Here aan my gegee het om ‘n meer Geesvervulde Christelike lewe te lei.


Gebed:

Ek vra vandag wysheid van U, liewe Heer, om my talente in gawes te omskep tot U eer. Amen


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page