Aandag, vandag is ’n goeie Maandag!
top of page

Aandag, vandag is ’n goeie Maandag!


Skietvoorvalle waar indiwidue losbrand op skares, neem by die dag toe regoor die wêreld. Dit is veral Amerika wat deurloop. Na vyf agtereenvolgende naweke dat sulke skietvoorvalle plaasgevind het, is die naweek van 24-26 Junie 2022 gekenmerk deur tien afsonderlike voorvalle. Gedurende hierdie wilde naweek is 7 mense doodgeskiet en 46 gewond. Sulke skietvoorvalle vind ook gereeld plaas in Suid Afrika. In die laaste week van Junie is vier mense in Kaapstad doodgeskiet in vermeende geweld tussen bendes.


Ek onthou nog van die Cleveland skietvoorval in 1979 in San Diego. Op 29 Januarie 1979 het Brenda Ann Spencer losgetrek met ’n geweer en 2 volwassenes en 8 kinders doodgeskiet. Sy het geen berou getoon vir hierdie wrede daad nie. Haar enigste verklaring was: “I don't like Mondays. This livens up the day.” Dalk sal jy onthou van die Ierse popgroep, The Boomtown Rats, wat later ’n lied hieroor geskryf met die titel: “I don’t like Mondays.”


Moet asseblief nie kwaad wees vir Maandag nie. Maandag skuld jou niks. Dit is eintlik andersom. Jy skuld elke Maandag nuwe hoop. Jy skuld hierdie hoop hier en nou vir jouself, en vir almal in jou nabyheid. Ek praat van God se soort hoop. Leef Maandag se blouheid uit die pad deur iemand se beker vol te maak met die Here se goedheid. Wees ‘n skouer op wie hulle vandag kan steun in sy Naam. Hê ’n luisterende oor. Help iemand wat in die skuld is met ’n paar rand uit jou sak. Betaal iemand se kruideniers. Bid vir ’n paar mense by die naam. Dan sal hierdie Maandag ’n goeie dag wees, en Dinsdag tot Sondag ook.

bottom of page