Doen die hiernoumaals reg, dan is die hiernamaals vanself uitgesorteer
top of page

Doen die hiernoumaals reg, dan is die hiernamaals vanself uitgesorteer


Die hemel en hoe om daar te kom, is vir party mense die somtotaal van die Bybelse boodskap. Dit gaan vir hulle eintlik net oor die hiernamaals. Die hiernoumaals, waar ons tans leef, is blykbaar nie so belangrik nie. Hierdie fout sluip in, omdat hulle die Nuwe Testament se groot klem op Jesus as die Here miskyk. Al wat baie mense eintlik oor Jesus leer, is dat Hy die Verlosser is wat moet sorg dat mense eendag in die hemel kom. Goddank, Jesus doen dit ook, maar Hy is heel eerste die Here. So leer die Nuwe Testament ons oor en oor. Trouens, die woord “Verlosser” (‘sōter’) kom slegs 24 keer in die Nuwe Testament voor, maar die woord “Here”(‘kurios’) kom meer as 900 keer in verskillende kontekste hier voor.


Jesus het die hemel laat grond raak tussen ons. Hier en nou dien en volg ons Hom as Heer en as Verlosser. Hier en nou laat ons Sy lig in ons omgewing skyn. Hier en nou gehoorsaam ons Hom en doen ons wat Hy van ons vra. Terloops, wanneer ons hier en nou vir Jesus te leef as ons Heer en ons Verlosser, sal die hiernamaals vanself uitgesorteer wees.

bottom of page