Saai jou lewe in die regte saailand
top of page

Saai jou lewe in die regte saailand


Kies waar jy jou lewe wil deurbring in 2020. In Galasiërs 6:8 sê Paulus: kies jou landery! Jy saai jou lewe in een van twee landerye. Jy kan kies om jou lewe te saai in ’n landery wat eksklusief om jouself draai. Jou eie behoeftes en jou sondige begeertes gaan dan die pas aangee. Alles wat jy besluit en doen gaan dan deur een vraag aangedryf word: “What’s in it for me?” “Wat kry ekself hieruit?” Terloops, hierdie is ’n dodelike landery. Geen lewe wat nog ooit hier gesaai is het dit enduit gemaak nie. Hierdie is nie goeie grond nie. Hier sink mense se lewens weg in die gemors van selfsug en liefdeloosheid. Hier wen goor vrugte soos owerspel, immoraliteit, losbandigheid, jaloesie, woede, vyandskap, twis en verdeeldheid (Galasiërs 5:19-20). Dit klink vir my na skrikwekkende vrugte.

Maak ’n beter keuse. Kies om jou lewe vanjaar in landerye van die Heilige Gees te saai. Dit is uitstekende grond hierdie. Die Gees Self sorg hier vir goeie vrug en groot opbrengste. Hier wen liefde, vrede, geduld, sagmoedigheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheer (Galasiërs 5:22-23). Dit klink vir my na wonderlike vrugte. Dit klink na vrugte wat vir ewig hou.

In watter landerye het jy die meeste van jou tyd deurgebring verlede jaar? Watter vrugte het jou lewe opgelewer in 2019? Waaroor het jy graag gedink en gepraat? Wat het jou bly gemaak, of hartseer? Terwyl jy vir ’n oomblik nadink hieroor - in beide landerye waarna Paulus in Galasiërs 6:8 verwys, groei die saad dat dit so klap. Alles wat jy plant in een van hierdie twee lande dra vrug... alles! Gelukkig is dit nooit te laat om van saailand te verskuif nie. Jy moet in 2020 ’n goeie belegging met jou lewe maak. ’n Nuwe jaar wag op jou. Kies asseblief vir God se saailande indien jy ’n prima-belegging met jou een en enigste lewe wil maak. Hier vloei sy Gees se lewende water. Hier sorg God self vir ‘n oes wat vir ewig goeie vrugte oplewer.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page