Ter wille van die volle prentjie: God se finale adres!
top of page

Ter wille van die volle prentjie: God se finale adres!


God gaan later nog een keer van adres verander. Hy sê so in die Bybel. Ons het nog nie sy laaste verhuising hier op aarde beleef nie. Op die laaste dag van die wêreldgeskiedenis gaan daar nog een belangrike verhuising plaasvind. God gaan weer trek. Waarheen gaan God vir oulaas verhuis; weet jy? Ja, natuurlik- Hy kom bly op ‘n nuwe aarde.

Watter voordele hou God se laaste adresverandering vir ons as gelowiges in. Oneindig baie! Die Here gaan dan sigbaar tussen ons wees. Dan is alle lyding, pyn, swaarkry en hartseer vir altyd verby- vir altyd. Dan is God ewig in ons midde. Die drie-enige God staan tans aan die stuur van die heelal. In die Bybel word die Heilige Gees aan ons bekendgestel as die derde Persoon van die Drie-eenheid met ’n eie identiteit en ‘n eie werksterrein wat God se laaste adres voor die wederkoms is. Na Jesus se aardse optrede is die Heilige Gees as Geskenk aan alle gelowiges gegee, ook aan jou en my. Die Heilige Gees is die hoogtepunt van God se aardse teenwoordigheid by sy kinders. Hy verander ons almal in lewende tempels waarin die allerhoogste God met vrymoedigheid kan woon. Maar daar’s selfs nog beter nuus- ons gaan God binnekort van aangesig tot aangesig sien. Die Gees waarborg dit. Sien jy uit na God se laaste adresverandering?

Gebed

Heer ek kan nie wag dat U terugkeer nie. Maak tog gou, asseblief! Amen


bottom of page