Vyf vars lewensroetes vir 2020
top of page

Vyf vars lewensroetes vir 2020


Wat van ’n paar Bybelse padaanwysers vir 2020:

  1. Wees stil. Oefen jouself om te wag op die Here, soos wat Habakuk 2:20 skryf. Bou elke dag ’n stilhouplek in jou lewe in. Wees stil in die Here. Wees stil en rustig in jou siel. Kom tot bedaring. Kom tot rus, tot sielsrus!

  2. Wees vrygewig. Onthou Jesus se woorde: “Dit is beter om te gee as om te ontvang (Handelinge 20:35). Laat mense jou ken aan jou oop hart en oop hande. Moenie in 2020 ’n gevangene van suinigheid of gierigheid wees nie. Dit sal jou siel steel.

  3. Wees geduldig met jouself en met ander. Onthou, alles wat die moeite werd is in die lewe vat tyd. Laat die Gees van die Here jou in dié proses met groter deernis en sagtheid vul.

  4. Waag nuwe dinge. Geloof is om die onbekende saam met die Here in te stap. Doen dit. Leef dapper. Moenie sinies of kleingelowig word nie. Behou jou kinderlike opgewondenheid en nuuskierigheid. Leef elke dag met afwagting.

  5. Vergeet jouself. Moenie selfbehep wees nie. Wees nederig. Moenie jouself en ander mense heeltyd te ernstig opvat nie. Leef tot eer van God. Leef tot opbou en seën van ander.


bottom of page