Ons vier ’n geseënde fees
top of page

Ons vier ’n geseënde fees


Kerstyd is sinoniem met ’n hele klompie dinge. Ek praat van dinge soos kersliedere, geskenke, kuiers en nostalgie. Geskenke word gekoop vir almal wat saakmaak terwyl kersmusiek ons in elke winkel begroet. Vriende en families kom kuier. Kerstyd is regtig ’n tyd van vreugde en vakansie vir baie. Maar dit is veel meer. Dit is die tyd dat ons onsself moet herinner dat Jesus ons so lief het dat Hy besluit het om by ons almal te kom kuier hier op aarde. Hy hou van ons met ons “geite” en al – ons geldgierigheid, ons suinigheid, ons godsdienstigheid, ons omgesukkeldheid en wat nog. Hy het na ons toe gekom om sy hemelse vrede met ons te kom deel. Daarom is kersfeestyd ’n spesiale feestyd vir Jesus se gunsteling mense. Dit is nou die tyd dat ons ons Heer se aankoms hier in ons midde vars en nuut beleef. Ons besef van voor af dat die ware Lig wat ons ganse lewe verlig tussen ons aangekom het. Ons vier fees in sy Naam. Ons vier ’n geseënde kersfees. Mag dit jou ook beskore wees vanjaar.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page