Praat die regte familietaal
top of page

Praat die regte familietaal


Toe ons eenkeer vakansie gehou het by die see, se ek vir my ma die mense hier voor ons op die strand is ook in ons kerk. “Hoe weet jy dit?” vra sy. “Ek ken daardie oom en die tannie se koppe, want hulle sit altyd ’n paar rye voor ons in die kerk,” antwoord ek. In my kinderdae het ek kerkmense makliker uitgeken aan hulle rugkant as aan hulle gesigkant. Wanneer ek hulle wel van gesig tot gesig gesien het, moes ek hulle altyd as “u” aanspreek. Ek weet nie hoekom daardie gevreesde “u” woord in die kerk ingeglip het nie. Families spreek mekaar nooit so aan nie. Jesus se soort familietaal is nie formeel nie. Nog meer, dit is nie net woorde nie. Dit is nie net lippetaal nie, maar leeftaal. Daarom “praat” ek reg as ek mense met God se liefde raakleef. Ek weet ek kan nie alles vir almal wees nie, maar ek kan elkeen met wie ek vandag die lewenspad deel met ’n stukkie hemelse deernis raakleef. Ek kan hulle raak-kyk as beelddraers van God. Ek kan mooi oor hulle en mooi met hulle praat. Ek kan hulle met respek behandel en selfs een of twee van hulle laste op my eie skouers tel. Presies so word my eie verhoudingsbeker vandag nog ’n bietjie voller in Jesus se Naam.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page