Hy lig die mat op
top of page

Hy lig die mat op


Ek onthou steeds een episode uit ‘n ou Amerikaanse sepie, “The King of Queens.” Die hoofkarakter Doug en sy vrou besoek sy ouers om sy hond Rocky se 28ste verjaarsdag te vier. Wanneer Doug wonder hoe Rocky dit reggekry het om so oud te word, erken sy ma hy is al ‘n paar keer vervang met ‘n hond wat presies soos Rocky lyk. Hulle trek nou al by Rocky nommer vier! Dan voeg sy ma by: “But we don’t talk about such unpleasant or uncomfortable things.” Doug se vrou vra toe: “What do you do with the truth, then?” “We sweep it under the rug, where it belongs!” antwoord sy. Toe besluit hulle daar’s net een Rocky en hy is 28 jaar oud.

Ek het ook sulke matte in my lewe waaronder ek “ongemaklike waarhede” probeer invee- soos my eie liefdeloosheid. Ek het agtergekom ek hou van alle mense - van sommige se gesig en van ander se rug. Ek hou van party mense as hulle kom, en van ander as hulle gaan. Die Here is egter besig om hierdie matte op te lig. Hy kan dit nie vat dat ek liefdeloos is nie. Daarom beitel Hy sulke liefdeloosheid gedurig uit my lewe uit. Gebeur dit ook in jou lewe?


bottom of page