Maak goeie keuses
top of page

Maak goeie keuses


Sommer vroeg al in die Bybel word dit duidelik dat die belangrikste keuses in ons lewe morele keuses is. Ek praat van Genesis 4 waar Kain homself as ‘n slagoffer probeer voorhou nadat hy sy eie broer vermoor het. Hy hoor hier by God hoor dat hy anders moes gekies het. En dat hy ook anders kon gekies het. Vroeër het die Here juis vir Kain gewaarsku dat die sonde op sy hakke is en dat hy hieroor moet heers. Maar toe ignoreer hy hierdie hemelse gesprek en maak ‘n immorele keuse. Toe kies hy teen God en vir moord. Kain was definitief nie ‘n passiewe slagoffer wie se lewe kant en klaar geprogrammeer was nie. Jy en ek ook nie. Dan sou ons bekend gestaan het as robotte, nie as mense nie. Die Here het ons geskep met die vryheid om te kan kies. Ons kan morele keuses maak. Ons moet ook. Dit geld wanneer ons besluit waar ons wil woon; watter werk ons wil doen, tot by wie ons vriende is. Ons roeping is om dan morele keuses te maak, nie selfsugtige keuses wat slegs vir onsself werk nie, want dan soek ons eintlik net God se goedkeuring op ons eie besluite. Dan gebruik ons Hom tot ons voordeel.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page