Jy bou nie jou lewe in ‘n fabriek nie
top of page

Jy bou nie jou lewe in ‘n fabriek nie


Jou eie lewe is nie iets wat jy eers haarfyn op ‘n tekenbord ontwerp, en dan bou jy dit klinies van hierdie plan af nie. Jou lewe gebeur in die regte lewe. Jy maak jou planne, maar dan gebeur daar onverwagse en onvoorsiene dinge op jou lewenspad. En dan is daar God! Jakobus 5 waarsku juis teen ‘n tipe leefstyl wat met groot selfversekerheid tot wie weet waar in die toekoms uitgewerk word. Jakobus sê jy moet eerder sê: as God wil en ons leef, dan sal ons dit of dat met ons lewe doen. “Deo Volente” - as God wil. Dit is wysheid. Dit is nederigheid, daardie soort wat in jou lewe moet wen. “Deo Volente” maak voorsiening vir die regte aanpassings aan alle plannemwaarby jyself betrokke is. Nog meer, dit oorroep selfs jou beste planne, en dié wat jy elke dag help maak. Dit maak dat God se plan wen. Jy kies daagliks om te kniel voor Hom; jy vra nie maar net sy goedkeuring vir jou eie besluite nie. Jy is nie die argitek van jou lewe en God slegs die goedkeurder van jou bouplanne nie. Jy speel ook nie eienaar-bouer van alles jou lewe nie. Jy vertrou die Here hiermee.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page