Gered om te dien
top of page

Gered om te dien


“One of the principal rules of religion is, to lose no occasion of serving God. And, since he is invisible to our eyes, we are to serve him in our neighbour; which he receives as if done to himself in person, standing visibly before us.” — John Wesley.

Ek is gered om God te dien. Ek is duur gekoop; met die bloed van Jesus: “For you were bought with a price. So glorify God in your body.” (2 Kor 6:20).

‘n Mens wonder soms hoekom God jou nie dadelik hemel toe vat die oomblik as jy jou hart vir Hom gee nie. Hoekom los Hy ons in hierdie deurmekaar wêreld? Dit is omdat God van voornemens is om jou en my te gebruik noudat ek gered is. Efesiërs 2:9 “God het julle gered, maar Hy het dit nie gedoen omdat julle goeie dinge gedoen het nie. Daarom mag niemand spog nie want dit is God wat ons gemaak het wat ons is. Hy het vir Christus Jesus gestuur sodat ons soos nuwe mense kan lewe en goeie dinge kan doen. God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.”

Ek en jy het ’n plek, ’n rol om te vervul, ’n werk om te doen hier op aarde. Ek moet net aanmeld vir daardie diens. Wanneer ons vriendelike buurman oorkant die straat ons oprit vir ons skoon skoffel nadat dit gesneeu het sonder om ’n woord te sê, moet ek dit as ‘n liefdesdiens sien. Om ander te dien is Goddelike werk. Die liefdevolle versorging waarmee die verpleegpersoneel by die hospitaal my sterwende pa behandel het, het soveel vertroosting na sy dood gebring. Wanneer ons ander mense dien asof ons ons Hemelse Vader dien, sien ander Hom in ons. Lukas 10 se barmhartige Samaritaan het ingespring en gedoen wat nodig is toe hy die nood sien. So ook Tabitha in Handelinge 9 “ Sy het baie omgegee vir ander mense. Waar sy kon, het sy die armes gehelp en goeie dinge vir ander mense gedoen.”

Die Whitechapel Mission in London bedien, deur vrywilligers, vroegoggend ’n volledige “English breakfast” vir 360 haweloses. Elke oggend 6 uur meld ’n nuwe span van 8 sakemanne aan wat, ten spyte van besige programme, help kosmaak. Teen die tyd dat hul werksdag begin is hul terug op kantoor en het hul klaar ’n verskil in ander se lewens gemaak.

Hoe anders sou die wêreld nie gelyk het as almal hierdie opdrag van diensbaarheid toegepas het nie!

“Prayer in action is love, and love in action is service. Try to give unconditionally whatever a person needs in the moment. The point is to do something, however small, and show you care through your actions by giving your time …” — Mother Teresa


bottom of page