Hou die kliënte gelukkig?!
top of page

Hou die kliënte gelukkig?!


Hou jou kliënte gelukkig! Dit is die slagspreuk van baie besighede. Hartseer genoeg het vele mense in die kerk ook hierop ingekoop. Party dreig selfs hulle kerkleiers af dat hulle die gemeente gaan verlaat as hulle nie beter diens kry nie. As die musiek nie verander nie, en die leraar nie meer aandag aan lidmate skenk nie, is hulle weg. Voordat jy my verkeerd hoor, natuurlik mag mense ook hulle ontevredenheid lug in die kerk. Maar dan moet dit nie wees omdat hulle meen hulle is geregtig op beter kliënte-diens nie. Die kerk is nie veronderstel om ’n verbruikers-aangedrewe instelling te wees nie. Dit is die Here se eiendom. Die kerk is die liggaam van Christus. Sy eer en aanbidding maak hier die meeste saak, asook mense se geloofsgroei.

Die kerk is genadiglik nie net vir perfekte mense bedoel nie. Ons almal sukkel maar op verskillende maniere met ons eie geestelike skete en tekorte. Daarom is ons almal steeds onder konstruksie van die Here. Hy het nie opgegee op ons nie, daarom mag ons dit nooit met mekaar doen nie. Of met die Here se kerk nie. Ons moet mekaar in liefde aanvaar. Ons moet ruimte maak vir mekaar, en nie verwag dat slegs ons eie behoeftes aangespreek moet word nie. Ons as gelowiges is almal verantwoordelik vir mekaar se onderlinge versorging, soos wat die Jerusalemgemeente gedoen het volgens Handeling 2:42-47 en 4:32-37. Hulle het van huis tot huis saam brood gebreek; saam gebid; mekaar se nood aangespreek, en die Here met oorgawe gedien. Hulle het hulle eie behoeftes ondergeskik gestel aan hulle gemeenskaplike roeping om die evangelie van Christus met oorgawe uit te leef. Leer asseblief by hulle. Doen dit agterna. Dra ander gelowiges op die hande. Bid ook vir jou geestelike leiers. Spreek gedurig mense se nood aan. Dan gaan jy nie ’n verbruiker van geestelike dienste wees nie, maar ’n egte dienskneg van Christus.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page