Skoonheid maak vir die Here ook saak, die regte soort!
top of page

Skoonheid maak vir die Here ook saak, die regte soort!


Thomas Aquinas, die groot teoloog van die Middeleeue, het graag drie dinge verbind met die teenwoordigheid van Christus, naamlik skoonheid, goedheid, en waarheid. Wanneer hierdie dinge in gelowiges se lewe aanwesig is, is Christus besig met sy mooi werk in ons. Ek hou veral van Aquinas se beklemtoning van skoonheid. Dit word te veel kere in die kerk misgekyk, of met ‘n “wêreldse” gesindheid in verband gebring. Skoonheid begin altyd innerlik. Die Here maak ons mooi van binne af buitentoe. Hy versier ons met sy Gees se spesiale teenwoordigheid. Maar dit beteken nie ons buitewêreld maak nie ook vir Hom saak nie. Ons mag onsself ook met skoonheid omring- mooi kuns, mooi handwerke, mooi vakmanskap, mooi skeppings. Dit is alles uitdrukkings van die talente wat God in mense verpak het waarmee hulle die wêreld rondom hulleself mooier maak. Ons mag sulke skoonheid ook geniet. In dieselfde asem moet ons ons eie kreatiewe gawes ontwikkel en gebruik. Of ons nou die talent het om musiek te maak, te skilder, houtwerk te doen, of wat ook al - dit is daar om skoonheid in die wêreld in te dra tot God se eer. En om ander gelowiges se lewe te versier met vreugde.


bottom of page