Van “alles verloor” gepraat- wanneer het jy regtig alles verloor?
top of page

Van “alles verloor” gepraat- wanneer het jy regtig alles verloor?


“Hier gaan jy nog alles verloor.” Sulke opmerkings is deesdae nogal gewild in Suid Afrika. Moet egter nie vir een oomblik dink dit is net Suid Afrika wat onveilig is nie. Die res van die wêreld is ook uiters gevaarlik. Jy staan ’n groot kans om hier, maar ook daar alles te verloor. Regtig! Dit is nie ‘n grap nie. Jesus self sê so. In Markus 8:34-37 praat Hy padlangs eerlik as Hy sê iewers langs die pad gaan ons elkeen ons lewe verloor. Daarom moet ons betyds een lewensbelangrike keuse maak- ons moet besluit wanneer, en vir wie gaan ons dit gaan verloor. Want ons gaan verseker sterf, almal van ons. Maar genadiglik is daar een opsie, een kans om ’n baie goeie lewe en dood te hê, een met ’n goeie ewige afloop. Dit is wanneer ons kies om ons lewe hier en nou vir Jesus te verloor.

Jesus roep ons op om ons kruis op te tel en Hom te volg. Dan het ons klaar alles verloor - vir Hom. Dan kan die lewe ons niks meer doen nie. Maar as ons nie ons lewe vir Hom verloor nie, gaan ons regtig alles verloor. Dan gaan ons ons siel verloor- of ons nou hier bly, of elders. En dit is ’n reuse verlies. Dit is ewige skade. So het jy al alles verloor- vir Jesus, bedoel ek?


bottom of page