Die era van die Gees
top of page

Die era van die Gees


Die wêreld moes tot en met die Nuwe-Testamentiese tyd wag om die volle impak van die Gees se werk te ervaar. Sy volle werking hier op aarde hang natuurlik ten nouste saam met Jesus se koms, asook met sy sterwe en opstanding. Maar die bordjies is reeds verhang met Jesus se unieke geboorte.

Toe Maria die dag ‘n engel van die Here sien wat vir haar sê sy gaan die Messias, die Seun van God, in die wêreld bring, was sy totaal oorwedlig. Selfs Josef wou dit nie eens glo nie, totdat ‘n engel ook aan hom verskyn het om te bevestig dat die Heilige Gees vir Maria op ‘n bonatuurlike wyse laat verwag het.

Wat ‘n spesiale geboorte - een Kindjie wat tegelyk God en mens is! Dis hoe Jesus in ons wêreld ingekom het. Nee, Hy is nie die produk van menslike voortplanting nie. Jesus is God se eie Kind. Hy dra Goddelike DNS in Hom saam wat deur die Gees oorgeplant is in Maria. Hierdie DNS is nodig om te verseker dat Jesus ‘n sondelose, volmaakte offerlam vir ons sondes kan wees. Daarvoor het die Gees gesorg. Hy het die gordyn op God se redding met Jesus se geboorte wawyd oopgetrek sodat ons ook die hemele geopend kan sien. Hy het Jesus gestuur sodat ons nuwe lewe kan smaak. Hy het die bordjies in God se guns kom swaai!

Gebed

Ek loof U, Gees van God, dat U Jesus na ons toe gebring het. Amen


bottom of page