Om in die Here se orkes te kan speel, moet jy fyn ingestem word
top of page

Om in die Here se orkes te kan speel, moet jy fyn ingestem word


Simfonieorkeste vat gewoonlik ‘n pouse in die middel van hulle uitvoerings. As hulle na die pouse gereed maak om weer te begin speel, moet al die orkeslede eers weer hulle instrumente instem. Om nootvars te bly, moet musiekinstrumente gedurig ingestel word. Selfs na ’n halfuur se pouse is so ’n fyn instelling nodig. Dieselfde geld vir ons elkeen. Om die Here se musiek te maak met ons lewe, moet ons aanhoudend fyn ingestem word. Dag vir dag moet ons ingestem word om die Here reg te dien en met die nodige integriteit te volg. Ons OOG moet ingestel word om die Here se goedheid orals in ons lewe raak te kyk. Ons OOR moet verstel word om sy stem in die Skrif te hoor. Ons VOETE moet daagliks geleer word om op die Here se pad te stap. Ook moet ons HANDE geleer word om goeie dinge tot eer van die Heer te doen. Aanhoudend stem die Here se Gees ons in. Maar dan moet ons gehoorsaam wees en toelaat dat Hy ons reg instel op sy musiek. Ook moet ons gedurig oefen om Hom te sien, te hoor, en met oorgawe te volg. Dan maak ons mooi musiek met ons lewe.


bottom of page