Groot dinge loop hand aan hand met ‘n groot God
top of page

Groot dinge loop hand aan hand met ‘n groot God


Wonderwerke word deur party gelowiges beskou as iets wat God by uitstek tot voordeel van hulleself doen, of dalk vir ander mense wat hulle ken. Genadiglik gebeur dit ook so. Maar partymaal lyk God se wonders totaal anders as wat ons dink of beplan. Vat maar die wonders wat God hier deur sy profeet Joël aankondig wat Hy binnekort gaan doen as die Gees uitgestort word. Hy noem dat bloed, vuur en rook dan die aarde gaan vul, om nie eens te praat van die donkerwording van die son, of ‘n bloedrooi maan nie. Dis vreesaanjaende dinge. Nee, hierdie soort wonders wat God doen, is beslis nie vir beterweterige gelowiges bedoel nie. Hierdie dinge gaan ons nie lekkerder in ons geestelike geriefsones laat uitkamp met ‘n paar nuwe stories oor hoe God weer ‘n paar wonderwerke tot ons voordeel gedoen het nie.

Wanneer God die dag op die toneel verskyn, dan kan jy dit nie beheer nie. God se verskyning ruk alles uitmekaar. Hy keer die wêreld onderstebo. Hy maak donkerte lig en Hy verander lig in donkerte. Daar is nie resepte in die Bybel oor hoe die Gees werk nie, al vertel sommige predikers in groot detail vir jou hoe die volgende herlewing of vernuwing gaan lyk. Feit is, niemand weet hoe nie. Maar een ding weet ek- dat as God regtig ingryp, dan weet jy dit!

Gebed

Here, werk soos wat U wil. In Christus Naam. Amen.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page