Sien ‘n slag nuwe prentjies, ouer mense!
top of page

Sien ‘n slag nuwe prentjies, ouer mense!


As daar twee groepe in ons dag is wat voel die kerk verwaarloos hulle, dan is dit die jonger mense en die ouer mense. Vanuit beide hierdie oorde hoor mens vele klagtes van hierdie aard. Miskien is die rede omdat kerklike bediening verkeerd gedoen word. Ons glo nog iewers in ons agterkoppe dat jongmense en ouer mense objekte van kerklike aksies moet wees. Met ander woorde, ons gaan besoek ouer en jonger mense en doen heeltyd dinge vir hulle. Hulle staan eintlik net aan die ontvangkant van die res van die kerk se aksies!

Wel, die jongste nuus van Joël se kant af is dat as die Gees begin werk, dan meld oud en jonk eerste aan vir aktiewe diens. Dan is hulle nie meer net die teiken van kerklike bedienings nie. Dan sien die ou mense God se nuuste planne vir sy mense raak. En dan is hulle kinderlik opgewonde oor dit waarmee die Here tans besig is. Nee, daar is nie tyd vir aftree of op vervroegde pensioen gaan in die Here se diens terwyl jy nog leef nie. Eers as jy die dag jou laaste slag asem uitblaas, gaan jy aftree. Aan hierdie kant van die graf is jy voluit, enduit aan diens. Daarom: profeteer en sien nuwe visioene van God se glorie! Basuin dit luidkeels uit

Gebed

Here laat my nuwe visioene van u glans en glorie sien! Amen


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page