Praat, seuns en dogters!
top of page

Praat, seuns en dogters!


“Kinders is daar om gesien, maar nie gehoor te word nie.” Hierdie uitdrukking is gereeld in my kinderdae voor ons as kinders se koppe gegooi. Ek wonder hoekom al hierdie grootmense wat kinders om elke hoek en draai probeer stilkry het, nooit Joël 2:28 raakgelees het dat die Gees juis kinders aan die praat wil kry nie. Kerke was, en is dikwels nog steeds, eintlik maar net grootmens plekke. Grootmense besluit gedurig vir kinders en jongmense wat goed en reg is vir hulle. Maar tog, daar waar die Gees se riviere van lewe oor hulle walle begin spoel, daar begin kinders as profete in God se Naam optree.

Kinderprofete? Ja, dis seuns en dogters wat deur God se genade oorstroom is. Profete is nie toekomsvoorspellers nie. Nee, hulle is maar net mense wat op die brug tussen God en die wêreld staan en by God hoor wat hulle vir ons moet sê. Profete bou ander se geloof op, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 14 skryf deur in ooreenstemming met die Skrif en vanuit die Woord die Here se wil te verduidelik. Ook kinders mag dit doen. Nee, hulle moet! Is die afwesigheid van kinders op al die plekke waar opbouende woorde in die kerk en elders gepraat moet word dalk tekenend van Gees-droogte in ons dag?

Gebed

Heer, rig in ons dag weer seuns en dogter op as u spreekbuise. Amen


bottom of page