Jy is nie die flop van die jaar nie
top of page

Jy is nie die flop van die jaar nie


Daardie “te min te laat” gevoel kleef soms aan mens vas. Dikwels voel jy asof jy die Here se heel stoutste kind is na ‘n preek of iets wat jy in die Bybel gelees het. Wel, hier’s goeie nuus vir jou: Christus begin elke dag en elke slag oor met elke “te-min-te-laat-doener.” Jesus is nie so ontevrede met jou soos wat jy dink nie. Hy is besig om jou na God se beeld te omvorm. In 2 Korintiërs 3:18 se woorde is sy Gees besig om jou van heerlikheid tot heerlikheid te transformeer. Hy maak jou vandag van voor af splinternuut. Dit skryf Paulus in 2 Korintiërs 4:16. Hierdie vernuwing en verandering gebeur stilweg. Net so min as wat jy ‘n boom kan sien groei terwyl jy daarna kyk, net so min gaan jy jou eie groei in God se rigting raaksien. Moenie moedeloos raak nie. Sit maar net jou hand in die Here S’n en los die res oor aan Hom. Hou op om op jou mislukkings te fokus. Jy’s nie die flop van die week nie. Om so te dink is eintlik ‘n mosie van wantroue in die Here. Boonop is dit nie waar nie.


bottom of page