Jy kort beter leermeesters as jou eie foute
top of page

Jy kort beter leermeesters as jou eie foute


“Ons moet leer uit ons foute,” sê iemand. “Om wat daarmee te maak?” vra iemand anders. Goeie vraag, dink ek by myself! Ons sê graag ons moet ons foute in die oë kyk, maar doen ons dit? En help dit genoeg? Ek dink nie so nie. Ons is blind vir die meeste hiervan. Daarom herhaal ons dit gedurig. Nee, ons moenie dit ignoreer nie, maar ons kort beter leermeesters in ons lewe as ons eie foute. Ons is geroep om reg te leef tot eer van God. Daarom moet ons heel eerste by Homself leer. Die Bybel is ons amptelike padwyser om ons hiermee te help. Boonop is God se Woord ’n beter leermeester as ons foute. God se woord is die lig op ons lewenspad en die lamp vir ons voete soos wat Psalm 119 sê. In die Bybel leer ons wat reg is en ook hoe om dit te doen. Dan hoef ons nie eers iets verkeerd te doen voordat ons uit ons foute moet leer nie. Dan doen ons uit die staanspoor wat reg is volgens die Woord. En as ons die slag droogmaak, dan volg ons ook die Skrif se roetewysers deur dit met berou aan die Here se voete te gaan neerlê en dit daar te laat staan.

Saam met die Woord het ons ook ’n lewende Leermeester wat ons in die volle waarheid lei - die Heilige Gees. Hy lei ons binne God se wil. Hyself oortuig ons wat die regte pad is en Hy sorg dat ons nie aanhoudend ons tone teen dieselfde klippe stamp nie. Die Gees maak dit wat Hy by Christus hoor aan ons bekend. So leer Jesus vir ons in Johannes 14 en Johannes 16. In die woorde van 2 Korintiërs 3 gebruik die Gees ons harte as sy nuwe skryfpapier. Hy maak ons van binne af nuut. Nou kan ons koersvas op die Here se pad volhard, mits ons leerbaar bly en met oop ore deur die lewe gaan.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page