Wie noem jou hulle vriend?
top of page

Wie noem jou hulle vriend?


’n Vriend het my een keer gelede vertel van ‘n Europese gestremde kindjie wat vir Bill Clinton geskryf het toe hy nog president van Amerika was. Later, toe die president daardie land besoek, het hy aangebied om die outjie een Woensdagmiddag te ontmoet. Toe kry Clinton ‘n antwoord van hierdie kindjie wat sê hy het ongelukkig daardie dag reeds ‘n afspraak aan om saam met ‘n ander maatjie iewers heen te gaan. Daarom sal hy nie die afspraak met die president kan nakom nie. Hierdie outjie het belangriker dinge gehad om te doen. Praat van prioriteite!

Wie maak die meeste saak in jou lewe - mense met groot name of status, of dalk die eenvoudiges en geringes? Wag, die vraag is nie eens wie jy ken nie. Nee, dis eerder watter mense beskou jou as hulle beste vriend? Leer by Jesus, wie se vriende ook die geringes en die “nobodies” van die dag ingesluit het. In Lukas 15:1 lees ons juis dat sondaars ook gereeld na Hom gaan luister het. As Jesus se soort vriende ook onder jou vriende tel, is jy besig om die koninkryk van God reg te verstaan en reg uit te dra.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page