Tel jy, of weeg jy?
top of page

Tel jy, of weeg jy?


Een of ander tyd tref dit ons almal. Ek praat van kritiek. Ons kan dit nie systap nie. Ons woorde, ons gedrag, ons klere, ons beroep, ons keuses- jy noem dit en ons loop die risiko om hieroor gekritiseer te word. Kritiek is nie aldag lekker nie. Nie een van ons wil van vroeg tot laat deurloop onder die kritiese kyke en skerp tonge van ander mense nie. Hoe gemaak hiermee? Wel, ons kan kies om almal tevrede te probeer hou. Dit gaan egter ons eie siel steel. Ook is dit nie wat die Here van ons vra om te doen nie. Hy verwag regtig nie van ons om “people pleasers” te wees nie. Ons moet net Sy goedkeuring najaag. God se guns is eintlik al wat saak maak.

Tog beteken dit nie dat ons traak-my-nie-agtig teenoor ander mense moet optree nie. Dit is nie goed nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor ander mense. As hulle ons die slag kritiseer, dan moet ons weet na wie om te luister. Een goue reël wat ekself hier aangeleer het is om kritiek te weeg. Nooit tel ek dit nie. Dit gaan nooit oor hoeveel mense van my verskil nie, maar oor wie verskil. Ek weet almal het opinies, maar min mense het wyse menings. Daarom omring ek myself graag met wyse mense; daardie soort van wie Spreuke vertel. Graag toets ek my woorde en dade met hulle. Hulle opbouende kritiek en wyse raad help my om koers te hou. Ek wil leer by mense wat die Here se pad stap met oorgawe en met wysheid. Hulle is my aardse leermeesters. Hulle gebede en insig help my ook om die Here met oorgawe te dien. Het jy ook sulke mense in jou lewe?


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page