Mense wil gode wees, Jesus wil mens wees
top of page

Mense wil gode wees, Jesus wil mens wees


Hagos Gebrihwet sal nooit weer die 5de Julie vergeet nie. ‘n Paar dae gelede, by die IAAF se Diamond League atletiekbyeenkoms in Lausanne, het hy ‘n groot fout begaan in die 5000 meter wedloop. Hy was los voor. Toe die klok lui, het hy by die wenstreep begin feesvier. Hy het gedink hy wen en tot stilstand gekom. Maar soos altyd het die klok die laaste rondte aangekondig. Toe Gebrihwet dit besef, was sy moed gebreek. Ongemotiveerd het hy weer begin hardloop en tiende geëindig.

Hoe gebeur dit dat top-atlete soos Gebrihwet so ‘n basiese fout maak? Hoe kry die heel bestes die ‘basics’ verkeerd na al die jare? Wel, daar is geen ander antwoord nie as dat ons almal steeds net mense is. So graag wil ons goed wees- onbreekbaar; sterk; altyd in beheer. Tog het ons kleivoete. Ons is net mense, al wil baie van ons eintlik ook celebrities en gode wees. (Ek sien juis dat die nuwe fliek oor sokkerspeler Diego Maradona adverteer word met die woorde: “Rebel. Hustler. Hero. God.”)

Selfs gelowiges wil deesdae super-gelowiges wees wat bekend is vir al die groot dinge wat hulle vir God doen. Ons almal moet dringend by Jesus kom leer. Terwyl ons gode wil wees, wil Jesus ‘n mens word. Terwyl ons glo meer is beter -meer geld, meer besittings, meer dinge op ons naam- leer Jesus ons dat nederigheid God se oog vang. En dat dit beter is om te gee as te ontvang. Ons is net mense, en dit is goed genoeg vir God. Ons foute hoef ons nie te definieer nie, Jesus moet!


bottom of page