Die (r)egte Jesus lyk anders
top of page

Die (r)egte Jesus lyk anders


Christelike kuns deur die eeue het gereeld die ware Jesus toegeverf agter blink klere en stralekranse. Ook het hulle Hom gedurig met engele en vromes. Hierdie kuns het Jesus en al wat ‘n ‘heilige’ is, omvorm tot stereotipe figure. In vandag se taal sou ons kon sê hulle is verander religieuse “stock characters.” Jesus is gewoonlik in kuns voorgestel met ’n stralekrans en sulke uitgespreide hande, terwyl heiliges weer met biddende hande passief rondom Hom gestaan het. Dalk het dit gebeur omdat mense nie die naakte waarheid kon uitstaan van ‘n Heer wat geen gepaste klere in die hemelse klerekas kon kry toe Hy sy aardse reis aangepak het nie. Al wat hier op aarde vir Jesus gepas het, was die klere van die laagstes en die geringstes van sy dag – dié van bediendes en slawe! So skryf Paulus in Filippense 2. Jesus is vandag steeds die Heer wat dien. Dit is Hy wat as Heer ons voete was en ons laste dra. Loop op die hakke van hierdie Jesus. Kies om sy bediendes en sy slawe te wees, soos wat Hy van ons vra daar in Markus 10:42-45. Leef sy dienskneglewe agterna.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page