Wind en Gees
top of page

Wind en Gees


Het jy geweet die Hebreeuse woord vir Gees en wind is presies dieselfde? Die woord vir beide is ruag! Ewe interessant is dat presies dieselfde ook in Grieks gebeur. Hier is die woord vir sowel gees en wind weer pneuma. Die taal waarin sowel die Ou Testament as die Nuwe Testament vertaal is, bring Gees en wind gedurig ook in verband met mekaar. Nou ja, ons weet dat mens nooit die wind kan vasvat of beheer nie. Soos wat Jesus in Johannes 3 vir daardie nagdissipel, Nikodemus, sê - die wind waai waar dit wil; die Gees ook.

God se Gees is buite beheer. So baie kere wil ons in die kerk alles en almal beheer met ons netjies uitgewerkte vergaderings; goedbeplande eredienste; afgeronde preke en deeglik ontwerpte en goedgekeurde kerklike kalenders. Maar weet jy wat? Die Gees is die hemelse Wind. Hy waai waar Hy wil en soos Hy wil. Jy kan die Gees nie beheer, inperk, vasvat of aan Hom voorskryf presies hoe Hy moet waai nie.

Godsdiens gaan nie oor menslike beheer nie. Ook nie eens ons klem op kerklike orde is geldig wanneer die Gees doodsbeendere in beweging wil laat kom en lewe in hulle inblaas nie. Staan derhalwe uit die pad as jy ‘n beheer-verslaafde is. God doen wat Hy wil. Ook in jou lewe!

Gebed

Windwaaende Gees van God, waai soos wat U wil. Amen


bottom of page