Lees Jesus se handtekens
top of page

Lees Jesus se handtekens


‘n Vrou sê een keer vir my sy leef so vinnig dat sy net genoeg tyd het om elke oggend vir Jesus te waai. “Hoe reageer Hy hierop?” wou ek by haar weet. “Hy waai terug,” antwoord sy. “Nee, jy lees Jesus se handseine heeltemal verkeerd,” antwoord ek haar. “Hy beduie op en af met sy hand vir jou om stadiger te leef, maar jy dink Hy waai vir jou.” Wat ‘n fout om die Here se handseine verkeerd te lees. Dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Jy en ek moet stadig genoeg leef as ons in pas met Jesus wil bly. Hy is glad nie so gejaagd soos ons nie. Hy het altyd tyd. Ook nooi Hy ons uit om ons eie stukkie leef-tyd in sy teenwoordigheid deur te bring. Dit vra dat ons moet inval by sy spoed en by sy pas. Doen jy dit, of jaag jy by dié Een verby wat tyd en ewigheid in sy handpalm hou? Dan is jy besig om jouself dood te leef. Kom tot bedaring. Maak tyd vir die Here. Maak tyd vir jou mense. Maak tyd om rustiger te leef. Hoor weer: Maak die regte soort tyd!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page