Post-verkiesings-Christen
top of page

Post-verkiesings-Christen


Tydens die aanloop tot die verkiesing het ʼn verstikkende stofwolk van leë beloftes, politieke propaganda en bekgevegte die land bedek. Sommiges het gehoop dat hul party aan bewind sal bly en nog ander dat die party wat hulle ondersteun aan bewind sal kom.

En nou het die stof gaan lê. Ons is terug in post-verkiesing-Suid-Afrika, wat eintlik maar dieselfde lyk as Suid-Afrika vóór die verkiesing.

Wat staan ons te doen in die nadraai van die afwagting?

Hoofregter Mogoeng Mogoeng is een van die mees invloedryke mense in Suid-Afrika en sy gebed tydens die opening van die sesde demokraties-verkose parlement het my diep geraak.

Suid-Afrika is ʼn land van kontraste en bestaan uit ʼn reënboog van rasse, kulture en godsdienste. Daar is menige Moslem en Hindoe in die parlement. Ook ateïste en agnostici. En tog het die hoofregter by sy stoel gekniel en gebid. Sommiges sal sê dat hy sy waardigheid prysgegee het, maar óns weet dat die teenoorgestelde eerder gebeur het.

Dit herinner aan Paulus se ernstige opdrag in 1 Timoteus 2: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ʼn rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God.”

Hoor jy die opdrag? Ons moet vir ons leiers bid. Met smeking én met danksegging. Soos hoofregter Mogoeng Mogoeng op ons knieë gedoen het.

Hoor jy die belofte?

Paulus belowe nie dat die regering skielik ʼn groot ommekeer gaan belewe en dat alle probleme spoedige uitgestryk sal word nie. Hy belowe nie dat verdrukking, misdaad en korrupsie sal verdwyn nie.

Die belofte is iets veel meer, iets veel dieper: As ons vir al ons leiers, mede-Suid-Afrikaners en land bid, kan ons ʼn stil lewe in volkome toewyding aan God lei.

Vir ʼn minder ernstige Christen of ongelowige kan die belofte moontlik soos ʼn opdrag klink. In ʼn wêreldse sin kos toewyding opoffering en moeite.

Maar waarvoor kan ʼn toegewyde Christen dan nou meer vra as ʼn stil lewe aan God gewy? Dit is mos nou hemel op aarde!


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page