Begin oor
top of page

Begin oor


“Ek bid al 25 jaar lank dat die Here my sal vergeef vir ‘n groot sonde wat ek toe gedoen het, maar ek weet nie of Hy ooit sal nie.” So sê iemand onlangs vir my. “Jong, ek dink nie die vraag is of God jou kan vergewe nie. Dit het Hy alreeds 25 jaar gelede gedoen, toe jy Hom die eerste keer opreg in Jesus se Naam gevra het,” antwoord ek. “Nee, die vraag is of jy jouself kan vergewe.”

Te veel mense is die slagoffers van ‘n nimmereindigende skuldgevoel oor reeds belyde sondes. Wel, as die Heilige Gees jou oortuig van iets wat verkeerd is en jy gaan stel dit reg by God en, indien nodig, by ander mense wat jy dalk te na gekom het, dan is die boeke toe! Vir altyd. God het nie lus om terug te dink aan jou reeds belyde foute nie. Hy het ook nie stoorplek in die hemel vir afgehandelde probleme nie. Daarom dat God elke slag oor begin met jou. Hy hou niks teen jou nie. Sy Gees vervul jou telkens van voor af.

God se Gees verlaat jou nie as jy aan God se voete hemelse genade afgebedel het nie. Nee, dis juis Hy wat jou met ‘n stukkende hart voor die Vader laat staan. Aanvaar elke keer God se vergifnis en begin voor.

Gebed

Dankie Vader dat u Gees my in staat stel om vandag weer nuut en vars te begin. Amen.


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page